Animal Farm

Animal Farm

Oorspronklike titelAnimal Farm: A Fairy Story
SkrywerGeorge Orwell
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
TaalEngels
GenrePolitieke satire
UitgewerSecker and Warburg, Londen, Engeland
Uitgegee17 Augustus 1945
MediumDruk (gebind & sagteband)
Bladsye112 (Britse sagteband uitgawe)
George Orwell in 1933
Die vlag van Animal Farm waarin die hoef en horing ooreenstem met die hamer en sekel.

Animal Farm (in Afrikaans vertaal as Die opstand) is 'n satiriese roman deur die Britse skrywer George Orwell. Die verhaal kan as 'n fabel of allegorie gesien word en handel oor die Russiese Rewolusie en die kommunistiese samelewing.[1]

Die boek is tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf en in 1945 gepubliseer, hoewel dit tot die einde van die 1950's relatief onbekend was. Dit word tans as 'n klassieke werk beskou.

Dit is in Afrikaans vertaal en verwerk deur Taboureux Bruwer onder die titel Die opstand. Dit is onlangs uitgegee in 'n nuwe Afrikaanse vertaling deur Wium van Zyl onder die titel Diereplaas.[2]

In Animal Farm kritiseer Orwell die totalitêre politieke stelsel van die Sowjetunie na die Oktoberrevolusie. Hy skryf dit na aanleiding van sy waarnemings van Stalinistiese kommuniste tydens die Spaanse Burgeroorlog. Sy ervaringe gedurende die stryd stel hy in Saluut aan Katalonië te boek.

Time-tydskrif het die boek gekies as een van die 100 beste Engelstalige romans (1923 tot 2005)[3]; dit verskyn ook op nommer 31 op die moderne biblioteeklys van beste romans uit die 20ste eeu. Die boek het 'n Hugo-toekenning in 1996 gewen en is opgeneem in die Great Books of the Western World-keuring.[4]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Opperman, AJ (5 Mei 2022). "'Animal Farm' in Afrikaans uitgereik". Netwerk24.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  3. Grossman & Lacayo 2005.
  4. "Great Books of the Western World as Free eBooks". prodigalnomore.wordpress.com (in Engels). 5 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search